Ganges

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ganges
Die Ganges in Waranasi, Indië.
Die Ganges in Waranasi, Indië.
Ganges-Brahmaputra-Meghna basins.jpg
Die stroomgebied van die Ganges en die Brahmaputra.
Oorsprong Saamvloei van Alaknanda en Bhagirathi (Indië)
Monding met die Brahmaputra in die Padma, Bangladesj
Golf van Bengale
Stroomgebied Indië en Bangladesj
Lengte 2 525 km (1 569 myl)[1]
Oorsprong-hoogte 3 892 m (12 769 voet)
Monding-hoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 16 648 m³/s (587 919 ft³/s)[2]
Stroomgebiedoppervlakte 1 080 000 km² (416 990 myl²)[3]
Kaart van die Ganges-bekken in Asië.
Kaart van die Ganges-bekken in Asië.
Die Ganges naby Kanpur
Die Ganges in Allahabad
Die Ganges in Patna
Satellietbeeld van die Gangesdelta

Die Ganges (Hindi: गंगा; Bengaals: গঙ্গা, Gônga; Sanskrit: गङ्गा; Oerdoe: گنگا, Gaṅgā) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Asië. Die rivier, met 'n lengte van 2 525 km (1 569 myl), is ná die Indus en die Brahmaputra die derde langste rivier in Suid-Asië. Die Ganges is die heiligste rivier van die Hindoeïsme[4] en sterk besoedel deur riool.

Die Ganges ontstaan deur die saamvloei van die Bhagirathi en die Alaknanda binne die Himalaja in die streek Garhwal van die Indiese deelstaat Uttarakhand net suid van die Sjinese Outonome Gebied Tibet. Aansluitend vloei die rivier in suidelike rigting, voordat dit die Groot Vlakte bereik, een van die mees digbevolkte gebiede van die wêreld. Net oos van die Indiese hoofstad Nieu-Delhi vloei die Ganges in oostelike rigting en bereik die deelstaat Oetarpradesj. Hier vloei die rivier deur Kanpur, die grootste stad aan die boloop. In Allahabad mond die Yamuna, die Ganges se belangrikste sytak, in die rivier uit. Net oos daarvan bereik die rivier die stad Waranasi, in die Hindoeïsme die mees belangrike pelgrimsoord aan die Ganges. Aansluitend vloei die Ganges deur die deelstaat Bihar en bereik Patna, die grootste stad aan die rivier. Beide stede, Waranasi en Patna, behoort tot Indië se oudste nedersettings. Verder oos vloei die rivier deur die deelstate Jharkhand en Wes-Bengale, waar waterryke sytakke vanuit die Himalaja in die Ganges uitmond. Aansluitend bereik die Ganges Bangladesj, waar die rivier Hugli genoem word. Net wes van dié land se hoofstad Dhaka vloei die Ganges en die Brahmaputra saam, om die Padma te vorm. Die Padma vloei verder in suidwestelike en aansluitend in suidelike rigting. Later mond dit in die Golf van Bengale uit.

Verwysings[wysig]

  1. (en) (5 Maart 2007) Hydrology and water resources of India. Springer, 334–342. ISBN 978-1-4020-5179-1. Besoek op 23 Februarie 2015. 
  2. (en) Kumar, Rakesh (10 September 2005). “Water Resources of India”. Current Science 89 (5): 794–811. Besoek op 23 Februarie 2015.
  3. (en) Suvedī, Sūryaprasāda (2005). International watercourses law for the 21st century: the case of the river Ganges basin. Ashgate Publishing, Ltd., 61. ISBN 978-0-7546-4527-6. Besoek op 23 Februarie 2015. 
  4. (en) Alter, Stephen (2001), Sacred Waters: A Pilgrimage Up the Ganges River to the Source of Hindu Culture, Houghton Mifflin Harcourt Trade & Reference Publishers, ISBN 978-0-15-100585-7, http://books.google.com/books?id=qb9yQgAACAAJ, besoek op 23 Februarie 2015