Amy Winehouse

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Amy Winehouse
Amy Winehouse f4962007 crop.jpg
Geboortenaam Amy Jade Winehouse
Geboorte 14 September 1983
Southgate, Londen, Engeland
Afsterwe 23 Julie 2011
Camden, Londen, Engeland
Beroep(e) Sangeres-liedjieskryfster
Genre(s) Soul, R&B, jazz, funk, doo-wop, swing, alternatiewe rock, Ska
Tipe stem Alt
Aktiewe jare 2003 — 2011
Uitgewer(s) Island, Universal Republic
Webwerf amywinehouse.co.uk
Portal.svg Musiekportaal

Amy Jade Winehouse (* 14 September 1983, † 23 Julie 2011 in Londen[1]) was 'n Engelse sangeres en liedjieskryfster, bekend vir haar eklektiese mengsel van verskeie musikale genres, insluitende R&B, soul, jazz, ruk-en-rol en ska.[2] Winehouse is ook bekend vir haar sielvolle, kragtige altstem.[3]

Winehouse se 2003se debuutalbum Frank was kommersieel en krities 'n sukses. Dit is vir die Mercury-toekenning genomineer. Haar 2006se opvolgalbum, Back to Black, het haar ses Grammy-toekenningsnominasies en ses toekennings besorg. Sy het hiermee die rekord opgestel vir die meeste toekennings aan 'n vroulike kunstenaar in 'n enkele nag en sy het ook die eerste Britse sanger geword om vyf Grammy's te wen,[4][5] insluitende drie van die sogenaamde "Groot Vier": Best New Artist, Record of the Year en Song of the Year. Sy het op 15 Februarie 2007 die BRIT-toekenning vir BEst British Female Artist gewen; sy is ook vir die Best British Album-toekenning genomineer. Sy het die Ivor Novello-toekenning al drie keer gewen, een in 2004 vir Best Contemporary Song (musikaal en liries) vir "Stronger Than Me", een in 2007 vir Best Contemporary Song vir "Rehab", en een in 2008 vir Best Song Musically and Lyrically vir "Love Is a Losing Game".

Winehouse is op 23 Julie 2011 dood by haar huis aangetref, vermoedelik as gevolg van 'n oordosis dwelms.[6]

Verwysings[wysig]

  1. "Amy Winehouse Biography."- 23.Juli 2011 People.com.
  2. Songwriter/Composer: WINEHOUSE AMY JADE. Broadcast Music Incorporated. 2007-12-18.
  3. "Amy Winehouse." The Observer. 2007.
  4. Yes, America, Amy Winehouse Is a Star. BBC Worldwide America. 11 Februarie 2008. Retrieved 12 Februarie 2008.
  5. Winehouse, Alex. Amy Winehouse's brother on her return to form. Timesonline. 13 Februarie 2008.
  6. Amy Winehouse dood gevind, Nuus24, 23 Julie 2011.