Bainskloofpas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bainskloofpas
’n Beeld van die betrokke bergpas.
’n Deel van Bainskloofpas

Ligging Noordoos van Wellington
Maksimum helling 1:13
Hoogte 701 m
Lengte 28 km
Oppervlak Grond
Ingenieur Thomas Bain
Begin in 1849
Voltooi in 1853
Verbou 1934
In Limietberge
Pad R301
Monument in die Bainskloofpas.

Die Bainskloofpas is 'n bergpas op die R301-pad noordoos van Wellington in die Limietberge in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die pas is deur Andrew Geddes Bain gebou. Dit verbind Wellington met die Tulbaghvallei. Bouwerk het in 1849 begin en is gedurende 1853 voltooi. Op 701m bereik die pas sy hoogtepunt en dit het 'n maksimum helling van 1:13. Die pas is 28km lank waarvan 10km uit die rots geskiet is met 15 ton buskruit. Die eerste motors het gedurende 1900 die eerste keer oor die pas gery. Gedurende 1934 is die pas verbreed en geteer. Dit is in 1980 tot 'n nasionale monument verklaar.[1][2]

Verwysings[wysig]

  1. Passes & Poorts. Marion Whitehead. 2010. ISBN 978-1-77009-805-3
  2. Padlangs deur Suid-Afrika. ISBN 978-1-77007-751-5

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: 33°36′08.6″S 19°06′42.2″O