Bernie Sanders

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bernie Sanders
Bernie Sanders

Senator Bernie Sanders


Senator van Vermont
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
3 Januarie 2007
Voorafgegaan deur Jim Jeffords

Voorsitter van die Senaatskomitee vir Veteraan-sake
Ampsbekleër
Amp betree
3 Januarie 2013
Voorafgegaan deur Patty Murray

Lid van die Huis van Verteenwoordigers van Vermont se At-large-distrik
Ampstermyn
3 Januarie 1991 – 3 Januarie 2007
Voorafgegaan deur Peter P. Smith
Opgevolg deur Peter Welch

Burgemeester van Burlington, Vermont
Ampstermyn
1981 – 1989
Voorafgegaan deur Gordon Paquette
Opgevolg deur Peter Clavelle

Persoonlike besonderhede
Geboorte 8 September 1941 (1941-09-08) (72 jaar oud)
New York Stad, New York
Politieke party Onafhanklik
Eggenoot/eggenote Jane O'Meara Driscoll
Kind(ers) 4
Alma Mater University of Chicago (B.A.)
Religie Judaïsme[1]
Handtekening Bernie Sanders signature.svg

Bernard "Bernie" Sanders (* 8 September 1941 in New York Stad) is tans die junior-senator van die Amerikaanse deelstaat Vermont. Sanders is in November 2006 verkies as 'n onafhanklike lid van die 110de Kongres van die Verenigde State, wat op 4 Januarie 2007 vir die eerste keer vergader het. Bernie Sanders het 65 persent van die stemme op hom verenig. Voordat hy senator geword het, het hy Vermont vyftien jaar lank in die Huis van Afgevaardigdes verteenwoordig.

Sanders, wat homself as 'n demokratiese sosialis beskryf, is een van min linkse politikusse, wat in die afgelope jare vir 'n federale amp verkies is en die eerste sosialistiese politikus in die Amerikaanse Senaat. Saam met Joe Lieberman is hy een van net twee onafhanklike senatore in die 111de Kongres, alhoewel hy nou bande met die Demokratiese Party handhaaf.

Verwysings[wysig]

  1. (en) Faith on the Hill: The Religious Composition of the 113th Congress”. Pew Forum: November 2012. URL besoek op 18 November 2013.

Eksterne skakels[wysig]