Blou Polisie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Blou Polisie, meer korrek vertaal as Die Marineblou Polisie (Granatowa policja in Pools), was die gewilde naam vir die Poolse polisie wat in samewerking was met Nazi-Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die naam verwys na die blou uniforms wat deur die lede van die polisie gedra is.

Die Blou Polisie was deur Nazi-Duitsland gestig as 'n hulp-paramilitêre polisiemag wat moes help om die orde te hou in die Duits-beheerde dele van Pole. Soortgelyke organisasies het in al die besette lande bestaan. Die polisiemag het oorspronklik slegs kriminele agtervolg, maar hulle was later ook gebruik om smokkeling teen te werk en ook teen die Joodse bevolkings in die ghettos. Dit was offisiëel ontbind deur die Poolse Komitee vir Nasionale Bevryding op 27 Augustus, 1944.[1] [2]

Verwysings[wysig]

  1. Abraham J. Edelheit en Hershel Edelheit (1991). A World in Turmoil: An Integrated Chronology of the Holocaust and World War II. Greenwood Press. ISBN 0313282188.
  2. Andrzej Burda (1976). Polskie prawo państwowe Państwowe Ẇydawnictwa Naukowe: Warskou.