Buenos Aires (provinsie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Provinsie Buenos Aires
Provincia de Buenos Aires
Vlag van Provinsie Buenos Aires
Vlag
Official seal of Provinsie Buenos Aires
Seël
Ligging in Argentinië
Ligging in Argentinië
Land Vlag van Argentinië Argentinië
Hoofstad La Plata
Regering
 - Tipe Tweekamerstelsel met Kamer van Afgevaardigdes (92) en Senaat (46)
 - Goewerneur Daniel Scioli (PJ)
Oppervlak
 - Provinsie 307 571 km²  (118 754 vk m)
Bevolking (2010)
 - Provinsie 15 625 084
 - Digtheid 51/km² (130/vk m)
Tydsone ART (UTC-3:00)
Webwerf: www.gba.gov.ar

Die Provinsie Buenos Aires (Spaans amptelik: Provincia de Buenos Aires, [ˈbwenos ˈaiɾes]) is in die ooste van Argentinië in die vrugbare Pampas-vlakte geleë. Dit is die grootste van alle Argentynse provinsies, sowel ten opsigte van sy oppervlakte asook sy bevolking, met 307 571 km² en sowat 15,6 miljoen inwoners (meer as 'n derde van Argentinië se totale bevolking). Sy naam is afgelei van die gelyknamige Argentynse hoofstad in die noordooste van die provinsie, Buenos Aires, wat oorspronklik ook as provinsiale hoofstad gefungeer het totdat dit in 1880 in 'n federale distrik omgeskep is. Dit maak dus administratief nie meer deel uit van die provinsie nie, in teenstelling met sy voorstede.

Die huidige administratiewe sentrum is La Plata, 'n stad in die metropolitaanse gebied van die hoofstad Buenos Aires wat in 1882 gestig is. Die provinsie grens in die noordooste aan Entre Ríos, in die noorde aan Santa Fe, in die noordweste aan Córdoba, in die weste aan La Pampa, en in die suide en weste aan Río Negro. Die Republiek van Uruguay is anderkant van die Río de La Plata noordoos van Buenos Aires geleë.