Buro vir Staatsveiligheid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Buro vir Staatsveiligheid is in 1969 tot stand gebring en is in 1980 vervang deur die Nasionale Intelligensiediens (NI). Lt.genl Hendrik van den Bergh het in Augustus 1968 toestemming by John Vorster en P.W. Botha verkry vir stigting van 'n oorhoofse intelligensieliggaam. Die Buro se taak was om nasionale veiligheid te moniteer, en is onder leiding van Van den Bergh geplaas.

Die organisasie is in Mei 1969 bekendgestel, en was gou by die media as B.O.S.S. bekend.[1] Kommer oor die organisasie se wye mandaat en volmag is gou uitgespreek,[1] aangesien dit 'n gesentraliseerde liggaam was wat intelligensie-insameling vir beide die polisie en weermag sou behartig.

Die Buro het onder meer berug geword vir die betrokkenheid by die Inligtingskandaal, toe Suid-Afrikaanse regeringsfondse aangewend is vir totstandbrenging van 'n Engelstalige pro-Nasionale Party koerant, The Citizen. Hierdie skandaal was die hoofrede vir die Buro se vervanging in 1980.

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Webmeester, Gelofteland (2011-02-18). “Boss-spioen moes liewer saamgewerk het...”. Politieke sluipmoorde in Suid-Afrika. Gelofteland.

Eksterne skakels[wysig]

Sien ook[wysig]