The Citizen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

The Citizen is 'n Suid-Afrikaanse poniekoerant.

Dit was die enigste wydverspreide Engelse koerant wat die regerende Nasionale Party tydens die apartheid-era ondersteun het. In 1978 was die koerant sentraal in die inligtingskandaal waarby Suid-Afrikaanse kabinetminster dr. Connie Mulder betrokke was. Die indertydse staatspresident, B.J. Vorster, is eindelik ook geïmpliseer in die gebruik van omkoopgeld om The Citizen te finansier om 'n groot Engelstalige koerant wat die regerende Nasionale Party goedgunstig sou wees, daar te stel.

In 1998 is die koerant deur die drukkersmaatskappy CTP/Caxton by Perskor oorgeneem.

Eksterne skakel[wysig]