Canary Wharf

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Canary Wharf
Die stadsilhoeët van Canary Wharf, soos gesien vanuit die weste.
Die stadsilhoeët van Canary Wharf, soos gesien vanuit die weste.
Ligging van Canary Wharf op 'n kaart (Groter Londen)
Canary Wharf
Canary Wharf
Koördinate: 51°30′13″N 0°01′06″W Koördinate: 51°30′13″N 0°01′06″W
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Flag of England.svg Engeland
Graafskap Groter Londen
Tydsone MGT (UTC±00:00)
 - Somer (DST) BST (UTC+01:00)
Poskode E14
Skakelkode(s) 020

Canary Wharf is 'n beduidende sakedistrik in Poplar, Londen, Verenigde Koninkryk. Dit is een van Londen se twee finansiële hoofsentrums - naas die historiese middestad of City of London - en huisves baie van die hoogste geboue in die Verenigde Koninkryk, waaronder die tweede hoogste wolkekrabber, One Canada Square.

Canary Wharf

Veral sake- en kantoorpersele het hier ontstaan sodat Canary Wharf met 1,3 miljoen m² se kantoor- en winkelruimte in die vraag na gehalte-sakeruimte in Londen voorsien. 730 000 m² hiervan is in besit van die Canary Wharf Group. Canary Wharf bied sowat 90 000 werkgeleenthede en huisves die internasionale of Europese hoofkwartiere van 'n groot aantal banke, professionele dienste-ondernemings en media-organisasies, waaronder Barclays, Citigroup, Crédit Suisse, HSBC, J.P. Morgan, KPMG, MetLife, Morgan Stanley en Thomson Reuters.

Canary Wharf is in die West India Docks op die Isle of Dogs in die borough Tower Hamlets in die East End van Londen geleë. Die West India Docks het vroeër deel uitgemaak van die besigste hawe ter wêreld. Nadat hulle in 1980 gesluit is, het die Britse regering verskeie projekte begin om die gebied te herontwikkel. So is in 1981 die London Docklands Development Corporation gestig en die Isle of Dogs in 'n sakegebied omgeskep. In 1987 het die Kanadese onderneming Olympia and York 'n kontrak vir die bou van 'n grootskaalse kantoorgebou-projek op die Isle of Dogs onderteken. Boubedrywighede het in die volgende jaar begin.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Canary Wharf (kategorie)