Charl Schwartzel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Charl Schwartzel in 2010.

Charl Schwartzel (gebore 31 Augustus 1984) is 'n Suid-Afrikaanse professionele gholfspeler. Hy verwerf bekendheid nadat hy in 2011 die Meesterstoernooi‎ gewen het.

Schwartzel speel sedert sy tienerjare tydens Europese PGA- en Sunshine-toere. Hy hou sedert 2011 'n "PGA Tour" kaart.