Christopher Marlowe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Christopher Marlowe
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
'n Anonieme portret wat tans in die Corpus Christi College in Cambridge hang, daar word geglo dat die model Christopher Marlowe is.

Gebore gedoop op 26 Februarie 1564
Canterbury, Kent, Engeland
Oorlede 30 Mei 1593 (op 29)
Deptford, Kent, Engeland
Nasionaliteit Vlag van Engeland Engeland
Ouers John en Catherine Marlowe
Beroep Digter en dramaturg
Bekend vir Hero and Leander, Edward the Second, The Tragical History of Doctor Faustus

Christopher ("Kit") Marlowe (gedoop op 26 Februarie 156430 Mei 1593) was 'n Engelse dramaturg, digter en vertaler. Hy was een van die vernaamste skrywers van tragedies voor die koms van William Shakespeare en is bekend vir sy uitstekende vrye verse (verse sonder rym), sy ikoniese hoofkarakters en sy geweldadige, voortydige dood.