Emeritaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Emeritus)
Spring na: navigasie, soek
Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu

Emeritaat is die naam vir 'n afgetrede hoogleraar, magistraat of geestelike wat op pensioen is. Emeritus is 'n Latynse woord wat letterlik vertaal, uitgedien beteken; die gangbare betekenis in Afrikaans is 'rustend'.

Verskeie hoogleraars bly na aftrede aktief in hulle vakgebied betrokke; hulle ius promovendi verval egter meestal na 5 jaar. Sulke persone staan onder die titel em. prof. of prof. em. (emeritus professor) bekend. Daar word ook soms na so 'n persoon as 'emeritus hoogleraar' of 'erehoogleraar' verwys.

By priesters en biskoppe beteken die emeritaat dat die geestelike nie langer verplig is om sy missie of gemeente te bedien nie, en vervang word. Emeriti geestelikes bly egter op kleiner skaal aktief in die bediening van die sakramente. Biskoppe wy nog ander biskoppe in en priesters vier dikwels nog die Heilige Mis.