Engadin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die mere van die Bo-Engadin met St. Moritz

Die Engadin (Retoromaans: Engiadina, Italiaans: Engadina; afgelei van die Retoromaanse naam van die Inn-rivier, En, letterlik "Tuin van die Inn") is 'n lang uitgestrekte vallei in die Switserse Alpe wat in die suid-oostelike kanton Graubünden geleë is. Die vallei loop saam met die Inn-rivierloop oor 'n lengte van 80 kilometer vanaf sy bron by die Maloja-bergpas in noord-oostelike rigting totdat dit na Oostenryk vloei. Die vallei word onderverdeel in die Bo- en Neder-Engadin.

Die Engadin-vallei, een van die hoogs geleë bewoonde bergvalleie in Europa, word aan alle kante deur hoë bergpieke beskerm en staan dus bekend vir sy sonnige klimaat. Sy natuurskoon en die groot verskeidenheid buitelugaktiwiteite het van die Engadin 'n gewilde toeristetrekpleister gemaak.

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Engadin (bladsy)