Firefly

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Firefly
Genre Ruimte Western
Drama
wetenskapfiksie
Geskep deur Joss Whedon
Met Nathan Fillion
Gina Torres
Alan Tudyk
Morena Baccarin
Adam Baldwin
Jewel Staite
Sean Maher
Summer Glau
Ron Glass
Temamusiekkomponis Joss Whedon
Openingstema The Ballad of Serenity
uitgevoer deur Sonny Rhodes
Komponis(te) Greg Edmonson
Oorsprong Vlag van Verenigde State Verenigde State
Taal Engels
Aantal seisoene 1
Aantal episodes 14
Produksie
Uitvoerende vervaardiger(s) Joss Whedon
Tim Minear
Vervaardiger(s) Ben Edlund
Redigeerder(s) Lisa Lassek
Kinematografie David Boyd
Kamera-opstelling Enkel-kamera
Looptydperk 44 minute
Produksiemaatskappy Mutant Enemy Productions
20th Century Fox Television
Verspreider 20th Television
Uitsending
Oorspronklike kanaal Fox
Eerste lopie 20 September – 20 Desember 2002
Kronologie
Voorafgegaan_deur Serenity (rolprent)
Opgevolg deur Serenity (strokiesverhale)

Firefly is 'n Engelse wetenskapsfiksie-televisiereeks wat eerste op die FOX-kanaal in die VSA en Kanada op 20 September 2002 gewys is. Dit is geskep deur Joss Whedon wat ook die reekse Buffy the Vampire Slayer en Angel gemaak het.

Die reeks is vernoem na die Firefly-tipe skip in die reeks, wat vernoem is na die insek waarvan die buik ook lig uitstraal: die vuurvlieg.

Agtergrond[wysig | wysig bron]

Die reeks vind plaas in die jaar 2517 NAE, weg van die aarde se sterrestelsel na dié se hulpbronne opgebruik is. Kaptein Malcolm "Mal" Reynolds is 'n veteraan van 'n burgeroorlog teen die "Alliansie", 'n organisasie wat die mensdom wou verenig onder een regering. 'n Sentrale kern van planete is onder die beheer van die Alliansie, terwyl setlaars en vlugtelinge ver van die kernplanete relatiewe vryheid geniet, maar minder fasiliteite van tegnologiese beskawing het. Mal gebruik sy Firefly-tipe skip, genaamd Serenity, om vrag te vervoer en om ander werk te doen, soms wettig, om 'n lewe te maak vir homself en sy bemanning.