Gaspé

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gaspé
'n Uitsig oor Gaspé
'n Uitsig oor Gaspé
Ligging van Gaspé op 'n kaart (Quebec)
Gaspé
Gaspé
Koördinate: 48°49′48″N 64°28′54″W
Land Vlag van Kanada Kanada
Provinsie Quebec
Region Gaspésie–Îles-de-la-Madeleine
Regionale County La Côte-de-Gaspé
Stigting 24 Julie 1534
Stadstatus 1 Januarie 1971
Regering
 - Burgemeester Christine Brisson
Oppervlak
 - Stad 1 343,4 km²  (518,69 vk m)
 - Land 1 121,07 km² (432,85 vk m)
Hoogte 34,1 m (111,88 vt)
Bevolking (2011)
 - Stad 15 163
 - Digtheid 13,5/km² (35/vk m)
Tydsone EST (UTC-05:00)
 - Somer (DST) EDT (UTC-04:00)
Poskode G4X
Skakelkode(s) 418, 581
Webwerf: ville.gaspe.qc.ca

Gaspé is 'n dorp op die skiereiland Gaspésie, Quebec, Oos-Kanada, met 15 163 inwoners (2011), waar Jacques Cartier op 24 Julie 1534 voet aan wal gesit het. 'n Monument en 'n granietkruis is as gedenkteken hier opgerig. Die Cathédrale de Gaspé is die enigste katedraal in Kanada wat van hout gemaak is en spog met 'n bont glasvenster en fresko ter herdenking van die vierhonderdste verjaardag van Jacques Cartier se landing. Die Musée de la Gaspésie behandel die geskiedenis van die gebied en sy mense wie se voorvaders Indiaans, Baskies, Bretons, Akadies, Iers, Skots en Lojaliste was.

Die belangrikste nywerhede in Gaspé is vissery, visverwerking, bosbou en toerisme.

In die taal van die Mic-Mac-Indiane beteken gaspeg "die einde van die wêreld".