Golden Globe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Golden Globes
Toegeken vir Uitnemendheid in rolprente en op televisie
Aanbieder Hollywood Foreign Press Association sedert 1943
Eerste toekennings 1944
Webtuiste hfpa.org

Die Golden Globes is Amerikaanse pryse wat sedert 1944 deur die 93 lede van die Hollywood Foreign Press Association (HFPA) toegeken word vir uitnemendheid in rolprente en op televisie, plaaslik en internasionaal. Die jaarlikse formele seremonie waarop die pryse toegeken word, is ’n belangrike deel van die rolprentwese se prysseisoen, wat eindig met die jaarlikse Oscar-toekenningsaand.[1]

Die 71ste Golden Globe-toekenningsaand, wat uitnemendheid in 2013 vereer het, is op 12 Januarie 2014 in die Beverly Hilton Hotel in Beverly Hills, Kalifornië, gehou. Dit vind sedert 1961 hier plaas.[2]

Kategorieë[wysig]

Rolprente[wysig]

  • Beste rolprent – drama
  • Beste rolprent – musiekblyspel of komedie
  • Beste regisseur
  • Beste akteur – rolprentdrama
  • Beste akteur – musiekblyspel of komedie
  • Beste aktrise – rolprentdrama
  • Beste aktrise – musiekblyspel of komedie
  • Beste byspeler – rolprent
  • Beste byspeelster – rolprent
  • Beste draaiboek
  • Beste oorspronklike musiek
  • Beste oorspronklike liedjie
  • Beste buitelandse rolprent
  • Beste vollengte-animasieprent (sedert 2006)
  • Cecil B. DeMille-prys vir lewenslange bydrae tot die rolprentwese

Televisie[wysig]

Sedert 1956:

  • Beste dramareeks
  • Beste komediereeks
  • Beste akteur in ’n TV-dramareeks
  • Beste akteur in ’n TV-komediereeks
  • Beste aktrise in ’n TV-dramareeks
  • Beste aktrise in ’n TV-komediereeks
  • Beste minireeks of rolprent vir TV
  • Beste akteur in ’n minireeks of rolprent vir TV
  • Beste aktrise in ’n minireeks of rolprent vir TV
  • Beste byspeler in ’n minireeks of rolprent vir TV
  • Beste byspeelster in ’n minireeks of rolprent vir TV

Verwysings[wysig]

  1. HFPA History”. www.hfpa.org. HFPA. URL besoek op 2008-11-02.
  2. Butler, Don. "Beverly Hilton recaptures lustre of its glory days", Regina Leader-Post, 9 Mei 2008. Besoek op 28 Januarie 2009

Eksterne skakels[wysig]

Golden Globe-toekenningsaande
1ste (1944)2de (1945)3de (1946)4de (1947)5de (1948)6de (1949)7de (1950)8ste (1951)9de (1952)10de (1953)11de (1954)12de (1955)13de (1956)14de (1957)15de (1958)16de (1959)17de (1960)18de (1961)19de (1962)20ste (1963)21ste (1964)22ste (1965)23ste (1966)24ste (1967)25ste (1968)26ste (1969)27ste (1970)28ste (1971)29ste (1972)30ste (1973)31ste (1974)32ste (1975)33ste (1976)34ste (1977)35ste (1978)36ste (1979)37ste (1980)38ste (1981)39ste (1982)40ste (1983)41ste (1984)42ste (1985)43ste (1986)44ste (1987)45ste (1988)46ste (1989)47ste (1990)48ste (1991)49ste (1992)50ste (1993)51ste (1994)52ste (1995)53ste (1996)54ste (1997)55ste (1998)56ste (1999)57ste (2000)58ste (2001)59ste (2002)60ste (2003)61ste (2004)62ste (2005)63ste (2006)64ste (2007)65ste (2008)66ste (2009)67ste (2010)68ste (2011)69ste (2012)70ste (2013)71ste (2014)