Grassnyer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Gewone stootgrassnyer met 'n petrolenjin.
'n Grassnyer gemonteer onderaan 'n tuintrekkertjie.
'n Oorsese robotgrassnyer.

'n Grassnyer is 'n masjien wat bewegende lemme gebruik om gras te sny. Daar is verskillende soorte grassnyers. Die eenvoudigste soort word deur 'n mens gestoot en is ideaal vir klein grasperke en tuine. Rybare grassnyers is geskik vir groter grasperke soos setperke van gholfbane en parke. Die heel grotes word agter 'n trekker getrek is bruikbaar vir groot parke, langs snelweë en op plase. Die operateur moet altyd beskermende uitrusting dra wanneer met hierdie masjiene gewerk word.

Die grassnyer funksioneer deur die rotasie van een of meer dun lemme, wat die steeltjies van die gras en ander plante nader aan die grond afkap. Hierdeur verminder dit die hoogte van die graslemme (-blare) tot 'n egalige en meer aanvaarbare voorkoms vir 'n grasperk.

Meeste soorte grassnyers het 'n opvangbak of -sak vir die grassnysels, maar daar is ook soorte wat die snysels fynkap en weer oor die grasperk strooi, dus voeding verskaf vir verdere groei. Hierdie voeding kan in die landbou 'n toepassing hê, maar is ongewens by tuingrasperke, aangesien dit die mat van die grasperk verdik en dit moeiliker maak om te sny en in stand te hou.

Soorte[wysig]

  • Handaangedrewe grassnyer (outyds)
  • Elektriese stootgrassnyer
  • Huishoudelike petrolgrassnyer
  • Rybare grassnyers (en: Ride-on mower)
  • Sleepgrassnyers ('n trekkerimplement)
  • Outomatiese robotgrassnyer
Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Lawn mower (bladsy)