Groot-Bulgaarse Ryk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Παλαιά Μεγάλη Βουλγαρία
Palaiá Megálē Boulgaría

Groot-Bulgaarse Ryk
632 – 668

Flag of Groot-Bulgaarse Ryk

Vlag

Ligging of Groot-Bulgaarse Ryk
Die Groot-Bulgaarse Ryk tussen 626 en 650 n.C.
Hoofstad Phanagoria (632–665)
Taal/Tale Bulgar
Regering Monargie
Khan
 - 632–665 Kubrat
 - 665–668 Batbayan
Historiese tydperk Middeleeue
 - Kubrat erfgename die troon 632
 - Groot-Bulgaarse Ryk word verower deur die Khazars 668

Die Groot-Bulgaarse Ryk (Bulgaars: Велика България), afgelei van die Griekse Η παλαια μεγαλη Βουλγαρια; megale Boulgaria) is deur die Proto-Bulgare, 'n Turkse volk[1], in Suid-Rusland en die Noord-Kaukasus gestig. In teenstelling met die latere groot Bulgaarse ryke (1ste, 2de en 3de Bulgaarse Ryk) het dit nie oor die Balkan-skiereiland gestrek nie, maar was noord van die Swartsee en die See van Asov geleë. Die naam van die ryk gaan terug na Bisantynse geleerdes. Sy hoofstad was die hawestad Phanagoria.

Die Wolga-Bulgare, wat tussen die 7de en 13de eeu eweneens gebiede in Rusland bewoon het, was 'n deel van die Proto-Bulgaarse volk wat ná die vernietiging van die Groot-Bulgaarse Ryk in hul stamgebied langs die Wolga-rivier gebly het.

Verwysings[wysig]

  1. I. Dujcev: Bulgarien, artikel in: Lexikon des Mittelalters, Stuttgart/Weimar 2000; Harald Haarmann: Protobulgaren, in: Lexikon der untergegangenen Völker, München 2005, bl. 225