Groot Beremeer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaart wat die Groot Beremeer vertoon
Satellietbeeld van die Groot Beremeer
Die dorpie Deline aan die Groot Beremeer

Die Groot Beremeer (Engels: Great Bear Lake, Frans: Grand lac de l'Ours) is die agtste grootste meer ter wêreld, die vierde grootste meer in Noord-Amerika en die grootste meer in Kanada, buite die Groot Mere. Dit is in die Noordwestelike gebiede in die noorde van Kanada, noordwes van die Groot Slawemeer en suid van die Arktiese Oseaan geleë en het 'n oppervlakte van 31 153 km². Die meer word deur die Groot Bere-rivier met die Mackenzierivier verbind, wat in die Arktiese Oseaan uitmond.