Guarulhos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Município de Guarulhos
Vista da cidade de Guarulhos (SP).JPG

Kaart Wapen
SaoPaulo Municip Guarulhos.svg
Brasão Guarulhos-2-.jpg
Vlag
Bandeira Guarulhos.png
 Land Flag of Brazil.svg Brasilië
 Deelstaat Bandeira do estado de São Paulo.svg São Paulo
 Koördinate 23°27′S 46°31′W Koördinate: 23°27′S 46°31′W
 Stigting 8 Desember 1560
 Oppervlakte:  
 - Totaal 318,014 vk km
 Hoogte bo seevlak 759 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2009) 1 299 283
 - Bevolkingsdigtheid 4 022,4/vk km
 Tydsone UTC -2
 - Somertyd UTC -3
 Prefek Sebastião Almeida (PT)
 Amptelike Webwerf guarulhos.sp.gov.br

Guarulhos is die tweede grootste stad in die Brasiliaanse deelstaat São Paulo en 'n voorstad van die gelyknamige metropool met 'n oppervlakte van 318,014 vierkante kilometer en 'n bevolking van 1,3 miljoen mense in 2009. Dit is die twaalfde grootste geïnkorporeerde nedersetting in die land, beskik oor 'n universiteit, die Universidade Guarulhos, en is die setel van die Rooms-Katolieke diosese Guarulhos.

Guarulhos maak deel uit van die metropolitaanse gebied van São Paulo en grens in die suide en weste aan hierdie stad, in die noorde aan Mairiporã, Nazaré Paulista en Santa Isabel en in die ooste aan Arujá en Itaquaquecetuba. Die internasionale lughawe van São Paulo-Guarulhos (GRU), die grootste in Suid-Amerika, is in die stadsgebied van Guarulhos geleë.

Die naam is aan die inheemse Tupi-taal ontleen en beteken letterlik "eters" of "dikbuike" - 'n verwysing na die oorspronklike bewoners van die gebied.