H1N1

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
H1N1
'n Gekleurde transmissie elektronmikrograaf van die Influensa A virus subtipe H1N1
Virus klassifikasie
Group: Group V ((-)ssRNA)
Familie: Orthomyxoviridae
Verspreiding van die H1N1-uitbreek in 2009. ██ Bevestigde sterftegevalle ██ Bevestigde siektegevalle ██ Onbevestigde siektegevalle

Die Influensa A virus subtipe H1N1, is 'n subtipe van die influensavirus A en is die algemeenste oorsaak van griep in mense. Sommige geslagslyne van H1N1 is endemies by mense, insluitende die lyne wat verantwoordelik was vir die griepepidemie van 1918 wat verantwoordelik was vir die dood van 50–100 miljoen mense wêreldwyd. Minder aansteeklike H1N1-lyne bestaan steeds vandag in die natuur en is 'n groot oorsaak van die jaarlikse seisoenale griepuitbrake. H1N1-variante was verantwoordelik vir bykans die helfte van alle griepgevalle in 2006.[1] Ander variante van H1N1 is endemies in varke en voëls.

In Maart en April van 2009 is verskeie infeksies deur 'n nuwe variant van H1N1 in laboratoria bevestig en is 'n aantal sterftes daardeur veroorsaak.[2]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
H1N1 (kategorie)