Handgeweer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Beretta 92 pistool

'n Handgeweer is 'n vuurwapen wat ontwerp is om in die hand gehou te word tydens gebruik. Hierdie karaktereienskap skei handgewere as 'n algemene klas van die groter soorte: lang gewere soos 'n gewone geweer (ook genoem skietgeweer) of jaggeweer, gemonteerde gewere soos 'n masjiengeweer en groter wapens soos artillerie.

Sommige handgewere subtipes sluit in enkel-skoot pistole, rewolwers, semi-outomatiese pistole en outomatiese of masjienpistole.