Hardrock

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Hardrock is 'n musiekstroming wat uit rock voortgevloei het en gewoonlik deur 'n hard klinkende verwronge (distorted) elektriese kitaar gekenmerk word. Die tempo in die musiek is gewoonlik hoog; die sang-, kitaar- en sintetiseerderdele wissel mekaar af en vul mekaar aan. Net soos in jazz is 'n pakkende rif belangrik om as kapstok vir die snit te fungeer. Die fondament in hardrockliedjies word deur die kitaar met sogenaamde kragakkoorde (powerchords) gelê.

'n Ander kenmerk is die stewige sangwerk, waarin geforseerde uiteringe nie spaarsamig is nie. Bekende voorbeelde van hierdie soort musiek is AC/DC, Deep Purple, Guns N' Roses, KISS, Led Zeppelin, UFO, Metallica, Uriah Heep en Van Halen.

Opgemerk moet word dat diverse style in rockmusiek 'n sterk verwantskap het. Die musiek van 'n groep soos The Who bevat sowel rock- as hardrockelemente. Die grens tussen hardrock en metal word soms ook moeilik getrek.