Indianapolis Motor Speedway

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Lugfoto van die Indianapolis Motor Speedway

Die Indianapolis Motor Speedway is 'n motorrenbaan in Speedway, Indiana in die VSA. Dit is die tweede oudste steeds gebruikte motorrenbaan in die wêreld. Dit is 4,023 km lank.

Geskiedenis[wysig]

Die renbaan was gasheer vir die wêreldbekende Indianapolis 500 ren, oorspronklik gehou op 30 Mei en daarna verskuif na die laaste Sondag van Mei.

Sedert 1994 is die baan ook gasheer vir NASCAR se sogenaamde Brickyard 400 wat nog elke jaar sedertdien gehou is.

In 1998 het Tony George, eienaar van die baan, 'n kontrak geteken om Formule Een se Verenigde State Grand Prix aan te bied vanaf 2000 en het vir vele opwinding en omstredenheid gesorg tot die voorlopig laaste ren in 2007.

Formule Een renne by Indianapolis Motor Speedway[wysig]

2000

'n Reënbui voor die ren sorg vir 'n nat wegspring maar die baan droog vinnig en Michael Schumacher wen vanaf Rubens Barrichello op pad na 'n derde wêreldkampioenskap.

2001

Mika Häkkinen wen vir die laaste keer in sy loopbaan voor hy aan die einde van die seisoen gaan uittree.

2002

Michael Schumacher en Rubens Barrichello was nog in die hele ren voor en op die laaste rondte het Schumacher begin stadiger ry in 'n poging dat Barrichello en hy gelyk sal klaarmaak. Hy het misluk en Barrichello het hom met 0,011 sekondes gewen, die 2de naaste einde aan 'n Formule Een ren.

2003

Die wegspring was weereens, soos 3 jaar terug, in nat kondisies. Die reen het opgehou maar 'n paar keer weer teruggekeer. Dit het gesorg vir baie opwinding en in die einde was dit Michael Schumacher wat vir Kimi Raikkönen gewen het in 'n ren waar die beste strategie die wenner bepaal het.

2004

Die ren word verskuif na Junie en die ren was baie dramaties met 2 veiligheidsmotor periodes. Die ren het begin met 'n ongeluk op die eerste draai waarin vele motors betrokke was en 4 uit die ren uit was, dit het gesorg vir die eerste veiligheidsmotor periode. Op rondte 9 het Fernando Alonso se band gebars en skaars een rondte later het Ralf Schumacher ook 'n band gebars in die 300kph draai 13 en het daarvan 'n rugbesering opgedoen waarna hy 6 renne moes uitsit om te rus, Michael Schumacher het weer gewen vanaf Rubens Barrichello.

2005

Veiligheidskwessies oor Michelin bande het veroorsaak dat net die motors met Bridgestone bande wegspring na 'n volle naweek se bespiegelinge. Michael Schumacher het hierdie ongewone ren gewen gevolg deur Rubens Barrichello en Tiago Monteiro wat nog nie voorheen punte verdien het nie was derde. Daar was 'n vraagteken oor die toekoms van die ren maar die ren is behou vir 2006.

Die uitleg van die renbaan

2006

'n 8 motor ongeluk op die eerste draai sorg vir 'n 7 rondte lange veiligheidsmotorperiode, sonder verdere drama daarna wen Micheal Schumacher vanaf Felipe Massa in 'n ren wat net 9 motors kon voltooi.

2007

Nuweling Lewis Hamilton wen vanaf Fernando Alonso nadat hulle deur die hele ren geveg het vir 1ste, daar is nie baie drama soos in vorige jare nie maar die twee McLaren spanmaats se geveg vir 1ste plek het vir vele opwinding gesorg.

Geen ooreenkoms kon bereik word vir 'n ren in 2008 nie maar indien 'n borg vir die ren vir 2009 gevind word sal die ren heel moontlik terugkeer na Indianapolis sienende dat dit die enigste baan in die VSA is wat geskik is vir Formule Een sonder enige verdere konstruksie.

2008 Indianapolis Motorfiets Grand Prix[wysig]

Die wêreld motorfiets Grand Prix kampioenskap gaan vanaf 2008 'n tweede ren in die VSA hê op 'n verdere opgegradeerde weergawe van die Formule Een baan. Die eerste ren by Indianapolis is geskeduleer vir die naweek vanaf die 12de tot die 14de September 2008.

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: