Jakobyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die deur van die Jakobyne-klub.

Die Jakobyne-klub, voorheen bekend as die Vereniging van die Vriende van die Konstitusie, was die bekendste en invloedrykste politieke klub in die ontwikkeling van die Franse Rewolusie.[1] Hulle is so genoem omdat die Dominikaanse Klooster waar hulle byeengekom het, kort tevore geskuif het na Rue St. Jacques (Afrikaans: Jakobus). Hulle is regdeur Frankryk verteenwoordig en hul lidmaatskap was sowat 420 000 .

Die klub het later berug geword weens hul heerskappy van terreur[2]. Vandag word die term Jakobyn beskou as ’n neerhalende beskrywing van radikalisme en linkse rewolusionêre politiek.[3]

Verwysings[wysig]

  1. Jacobin Club (French political history) - Britannica Online Encyclopedia”. Britannica.com. URL besoek op 18 Augustus 2011.
  2. Jacobins Facts, information, pictures | Encyclopedia.com-artikels oor die Jakobyne”. Encyclopedia.com. URL besoek op 18 Augustus 2011.
  3. Jacobins Free Online Dictionary, Thesaurus and Encyclopedia”. Thefreedictionary.com. URL besoek op 18 Augustus 2011.