James Kennedy

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
James Kennedy

James Carleton Kennedy (Orange City (Iowa), 1963) is 'n Amerikaanse geskiedkundige.

Lewensloop[wysig]

Sy vader was 'n Amerikaner en sy moeder 'n Nederlander. Hy het opgegroei in sy geboortestad. Baie inwoners van Orange City is van Nederlandse herkoms.

Kennedy het buitelandse betrekkinge gestudeer aan die Georgetown University (Bachelor of Arts) en teologie aan die Calvin Theological Seminary (Master of Arts). Sy PhD in geskiedenis het hy aan die University of Iowa behaal.

Kennedy het onder meer gewerk as geskiedenisprofessor en -navorser aan die A. C. Van Raalte-instituut van die Hope College (1997-2003) en as geskiedenisprofessor aan die Vrye Universiteit Amsterdam (2003-2007). Sedert 2007 is hy professor van die 20ste eeuse geskiedenis van Nederland aan die Universiteit van Amsterdam.

Hy is 'n Christen en daarom ook 'n Christen-geskiedkundige. Hy glo dat God die wêreld bestuur maar hy is versigtig om te sê hoe.

James Kennedy is getroud met Simone Kennedy-Doornbos (1970). Sy is die voorsitster van die ChristenUnie in die munisipale raad van Amersfoort. Hulle het drie kinders. Die gesin is lid van die Gereformeerde Kerke (Vrygemaak).

Publikasies[wysig]

  • Nieuw Babylon in aanbouw: Nederland in de jaren zestig (Amsterdam, Boom, 1995, stelling, vertaling uit die Engels: Building new Babylon: cultural change in the Netherlands during the 1960s, 1995)
  • History of the Low Countries (New York, Berghahn Books, 1999, bewerkte vertaling uit die Nederlands: Geschiedenis van de Nederlanden, Hans Blom en Emiel Lamberts, 1993)
  • Een weloverwogen dood. De opkomst van de euthanasie in Nederland (Amsterdam, Bakker, 2002)
  • Bezielende verbanden. Gedachten over religie, politiek en maatschappij in het moderne Nederland (Amsterdam, Bakker, 2009)
  • Stad op een berg. De publieke rol van protestantse kerken (Zoetermeer, Boekencentrum Uitgevers, 2010)

Bronne[wysig]

  • Die gelyknamige artikel op die Nederlandse Wikipedia.

Eksterne skakels[wysig]