Kaapse Dokter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
“Tafeldoek” oor Tafelberg

Die Kaapse Dokter is 'n droë suidoostewind wat somers oor die Kaapse skiereiland waai. Sonder hierdie wind sal die lugbesoedeling in Kaapstad en omgewing baie erg wees. Op warm vogtige somerdae bring dit lafenis en veroorsaak die “tafeldoek” oor Tafelberg. Die wind hou vir ure, maar soms selfs vir dae aan. Snags neem dit egter af. Tydens die lente en herfs kom die swart suidoos soms voor en gaan gepaard met 'n besonder swaar neerslag.

In die beginjare van die Kaapse nedersetting het die suidoostewind dikwels groot skade aan die koringoes berokken.

Bibliografie[wysig]

  • Mabbutt, J.A. (red.): The Cape peninsula. Kaapstad: Maskew Miller, 1952.