Katsushika Hokusai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Landskap met twee valkeniers.
Uitsig op Foedji tussen die bloeiende bome, ca. 1802.

Katsushika Hokusai (葛飾北斎); Oktober of November 1760 - 10 Mei 1849) was 'n Japanese houtsneekunstenaar wat ukiyo-e, die tradisionele Japanse kuns van houtsnee, beoefen het. Hokusai het binne alle genres van ukiyo-e gewerk, maar het beroemd geword vir sy landskappe. Van sy bekendste werke is die "Ses-en-dertig gesigte van die berg Foedji" en die "Hokusai Manga".

In die weste word hy veral erken vir sy "Groot Golf van Kanagawa", 'n uitgekerfde houtblok waar 'n paar bootjies tussen reusagtige golwe vaar. Die grootste golf styg soos 'n monster se klou oor die bootjies uit. Die golf verbeeld die krag van die natuur en selfs die krag van die roeiers.

Hokusai is op 10 Mei 1849 oorlede. Hy laat 30 000 werke na. Sy laaste woorde was blykbaar: "Nog tien jaar, of selfs vyf, en ek sou 'n groot kunstenaar geword het".

Hokusai was 'n bron van inspirasie vir die Japanse kunstenaar Ando Hiroshige, asook vele ander kunstenaars vanoor die hele wêreld.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Katsushika Hokusai (kategorie)