Foedji

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Foedji
FujiSunriseKawaguchiko2025WP.jpg
Die berg Foedji met dagbreek, met die Kawagoetji-meer in die voorgrond
Ligging: Japan
Hoogte: 3 776 meter
Koördinate: 35°21′38″N 138°43′38″O
Rotsouderdom: 100 000 jaar
Laaste uitbarsting: 1708
Datum van eerste bestyging: 663
Eerste bestyger(s): deur 'n anonieme monnik

Foedji (富士山 Fuji-san?, IFA: [ɸɯʥisaɴ]) , is teen 3 776 m die hoogste berg in Japan. Dit is 'n dormante vulkaan wat in 1707–08 laas uitgebars het. Dit is geleë op die grens van die Sjizoeoka en Jamanasji prefekture net wes van Tokio van waar dit op 'n helderlugdag gesien kan word. Dit is dus naby die Stille Oseaankus van sentrale Honsjoe geleë. Drie klein stede is om die berg geleë, naamlik: Gotemba (oos), Foedjijosjida (noord) en Foedjinomija (suidwes).

Die berg Foedji se buitengewoon simmetriese keël is 'n bekende simbool van Japan wat dikwels in kuns en fotografie uitgebeeld word, en gewild is onder toeriste en bergklimmers.

Die berg word sedert 22 Junie 2013 deur die UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Eksterne skakels[wysig]