Konfusius

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Konfusius
孔子
Confucius 02.png
Gebore 551 v.C.
Zou, Lu-staat
Oorlede 479 v.C. (op 71–72)
Lu-staat
Nasionaliteit Sjina
Vakgebied Morele filosofie, Sosiale filosofie, etiek
Bekend vir stigter van Konfusianisme
Beïnvloed deur I Ching, Boek van Rites
Invloed op Baie Chinese filosowe, veral Mencius, Xun Zi, die Neotaoiste en die Neokonfusianisme; François Quesnay; Christian Wolff; Robert Cummings Neville; Ezra Pound

Konfusius (Sjinees: 孔子, letterlik vertaal: "Heer Kong") (volgens oorlewering 551 v.C. - 479 v.C.) is die bekendste Sjinese wysgeer. Sy invloed op die Sjinese beskawing kan nie onderskat word nie en is ook wyd verspreid oor Japan, Korea en Viëtnam.

Konfusius was 'n denker en sosiale filosoof en het veral persoonlike moraliteit en die moraliteit van die regering beklemtoon, sowel as die korrektheid van sosiale verhoudings, geregtheid en opregtheid. Sy denke het ontwikkel tot 'n filosofiestelsel bekend as Konfusianisme.