Kongregasionalistiese Kerk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Kongregasionalistiese Kerk in Massachusetts.

Die Kongregasionalistiese Kerk is 'n kerkgroepering wat spruit uit die puriteine van die sewentiende eeu.

Die Kongregasionaliste het sterk klem geplaas op die selfstandigheid en individualiteit van plaaslike gemeentes en het stukrag gekry nadat die Britse parlement in 1646 die Westminster-konfessie aanvaar het. Tydens Oliver Cromwell se bewind het hulle 'n vastrapplek in die Britse kerklike samelewing gekry.

Die groepering se leer is in die Savoy-verklaring van 1658 uiteengesit en daarin word die Westminster-konfessie meerendeels aanvaar, buiten die afdeling oor kerklike regering en sinodes. Die kerk is na die Verenigde State van Amerika gebring deur puriteinse lidmate. Hulle verdraagsame en onafhanklike ingesteldheid het later 'n belangrike invloed op die Amerikaanse Vryheidsverklaring (1776) uitgeoefen.

Suider-Afrika[wysig]

Die Verenigde Kongregasionalistiese Kerk van Suider-Afrika het eers in 1967 tot stand gekom, maar kan sy oorsprong meer as 200 jaar terugspeur tot by die aankoms van die eerste personeel van die Londense Sendinggenootskap. Die lidmate tel sowat 300 000, wat verdeel is in meer as 350 gemeentes in vyf lande.

Bronne[wysig]

  • Gaum, Frits (hoofred.). 2008. Christelike Kernensiklopedie. Wellington: Lux Verbi.BM.

Eksterne skakels[wysig]