Konserwatiewe Party (Verenigde Koninkryk)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die huidige leier: David Cameron

Die Konserwatiewe Party (Conservative Party, ook bekend as die Tories) is 'n sentrum-regse politieke party in die Verenigde Koninkryk, gestig in 1832. Die party is afkomstig van die ou Tory-party wat in 1678 gestig is en daar word daarom steeds na die party, die politici, hul lede en hul ondersteuners as "Tories" verwys.

Die Konserwatiewe Party het vir twee derdes van die 20ste eeu deel van die Britse regering gevorm. Sedert hulle die 1997-verkiesing aan die Arbeidersparty verloor het, was hulle die tweede grootste politieke party in die land. Ná die 2010-verkiesing het hulle 'n koalisieregering met die Liberaal-Demokrate gevorm.

Die huidige leier van die party is David Cameron. Hy is ook Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.