Kreta

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kreta
Inheemse naam: Κρήτη
Ligging van Kreta in die suidelike Egeïese See
Ligging van Kreta in die suidelike Egeïese See
Geografie
Ligging Griekeland, Egeïese See
Koördinate 35°13′N 24°55′O
Oppervlak 8 331,2 vk km
Hoogste punt Berg Psiloritis, 2 456 m
Administrasie
Vlag van Griekeland Griekeland
Streek Suid-Egeïes
Hoofstad Iraklion

 (173 450 bewoners)

Demografie
Bevolking 600 159

Kreta (Grieks: Κρήτη; Kriti of Krētē) is die Griekse eiland met die grootste bevolking en oppervlakte, naamlik 8 336 km2. Dit is die vyfde grootste eiland van die Middellandse See.

Kreta is een van die 13 periferieë van Griekeland en beslaan dieselfde oppervlakte as die streek Kreta van voor die administratiewe hervormings van 1987.[1] Dit maak 'n belangrike deel uit van die ekonomiese en kulturele erfenis van Griekeland; hoewel dit unieke kulturele kenmerke het (soos Kretensiese musiek en sy eie dialek) beskou Kretensers hulself as Grieke. Heraklion is die grootste stad en hoofstad van Kreta.

Kreta was die sentrum van die Minoïese beskawing (omstreeks 2700–1420 v.C.), die eerste gevorderde beskawing in Europa.

Verwysings[wysig]

  1. Π.Δ. 51/87 “Καθορισμός των Περιφερειών της Χώρας για το σχεδιασμό κ.λ.π. της Περιφερειακής Ανάπτυξης” (Vasstelling van die periferieë van die Land vir beplanning ens. van die ontwikkeling van die streek, Efimeris tis Kyverniseos, ΦΕΚ A 26/06.03.1987