Kubus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vir ander betekenisse van die woord "kubus", sien gerus Kubus (dubbelsinnig).
Cube Animation.gif
'n Kubus met die breedtelyn = a, die dieptelyn = b, die hoogtelyn = c en die diagonaal = d.

'n Kubus is 'n platoniese veelvlak wat uit ses vlakke bestaan wat almal vierkante is. 'n Kubus het agt hoeke wat almal gelyk is aan 90°.

Die inhoud van 'n kubus word bereken deur die formule (dus a.a.a), waar "a" gelykstaande aan die hoogte van die kubus is.

Die oppervlak word bereken deur die formule 6 × a², waar "a", weereens, gelykstaande aan die hoogte van die kubus is.

Die diagonaal van 'n kubus kan bereken word deur die formule \sqrt[2]{3a^2}, met "a" gelykstaande aan die hoogte van die kubus.