Lüneburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Lüneburg
Lümborg
Skillshare, Alter Hafen Lüneburg.jpg

Wapen
Wappen Lueneburg.png
 Land Flag of Germany.svg Duitsland
 Deelstaat Flag of Lower Saxony.svg Nedersakse
 Koördinate 53°15′N 10°25′O
 Stigting 956
 Oppervlakte:  
 - Totaal 70,34 vk km
 Hoogte bo seevlak 17 m
 Bevolking:  
 - Totaal 72 299
 - Bevolkingsdigtheid 1 028/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Ulrich Mägde (SPD)
 Amptelike Webwerf www.lueneburg.de

Die Universiteits- en Hansestad Lüneburg (Nederduits: Lümborg) is 'n stad in die Duitse deelstaat Nedersakse en in die distrik Lüneburg, 45 km suidoo van die Hansestad Hamburg geleë. Die stad het 'n bevolking van sowat 73 000.

Lüneburg het n oppervlakte van 70,34 vierkante kilometer en is aan die benedeloop van die Ilmenaurivier geleë.

Stadswyke[wysig]

Die stadsgebied bestaan uit 17 stadswyke: Altstadt, Bockelsberg, Ebensberg, Goseburg-Zeltberg, Häcklingen, Kaltenmoor, Kreideberg, Lüne-Moorfeld, Mittelfeld, Neu Hagen, Ochtmissen, Oedeme, Rettmer, Rotes Feld, Schützenplatz, Weststadt en Wilschenbruch.

Vervoer[wysig]

Openbare vervoer[wysig]

Sedert Desember 2004 maak die stad en distrik Lüneburg deel uit van Hamburg se openbare vervoerstelsel. Lüneburg se hoofstasie is tussen Hamburg en Hannover geleë en word deur treine van die staatsonderneming Deutsche Bahn asook die privaat spoorwegmaatskappy Metronom Eisenbahngesellschaft bedien. Die reistyd van Lüneburg na Hamburg is sowat 'n halfuur. Behalwe vir streekstreine word Lüneburg ook deur langafstandtreine soos Intercity- en Intercity-Express-treine (ICE) met ander stede verbind. In die stadsgebied verbind 'n buslynstelsel die buitwyke met die middestad. Die busnetwerk met elf lyne word deur die stedelike vervoermaatskappy KVG Lüneburg bedien.

Paaie[wysig]

Lüneburg se langste straat is die Dahlenburger Landstraße wat langs die spoorwegstasie loop. Lüneburg is daarnaas aan die snelweg A 39 geleë en word deur die B 209 en B 216 met die nasionale padnetwerk verbind.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Lüneburg (kategorie)