La Grande-Motte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
La Grande-Motte
Die jaghawe van La Grande-Motte, met enkele van die "Piramides" in die agtergrond.
Die jaghawe van La Grande-Motte, met enkele van die "Piramides" in die agtergrond.
Ligging van La Grande-Motte op 'n kaart (Frankryk)
La Grande-Motte
La Grande-Motte
Koördinate: 43°33′41″N 4°05′09″O
Land Vlag van Frankryk Frankryk
Gewes Flag of Languedoc-Roussillon.svg Languedoc-Roussillon
Département Blason département fr Hérault.svg Hérault
Arrondissement Montpellier
Kanton Mauguio
Stigting 1 Oktober 1974
Regering
 - Burgemeester Stéphan Rossignol
Oppervlak
 - Stad 10,58 km²  (4,1 vk m)
Hoogte 0–3 m (0–9,8 vt)
Bevolking (2009)
 - Stad 8 391
 - Digtheid 793/km² (2 053,9/myl2)
Poskode 34280
Skakelkode(s) 34344
Webwerf: lagrandemotte.fr

La Grande-Motte is 'n moderne vakansieoord met 8 391 inwoners (2009) in die département Hérault (Languedoc-Roussillon, Suid-Frankryk), wat op 1 Oktober 1974 amptelik gestig is.

La Grande-Motte lê in die historiese gebied Petite Camargue, sowat 30 km van Montpellier af, en is in die 1960's as een van die tipiese destydse Franse vakansieoorde beplan. Boubedrywighede het in 1966 begin, en reeds twee jaar later is die eerste geriewe vir toeriste geopen. Die dorp word nog steeds uitgebou en huisves gedurende die somervakansies sowat 100 000 vakansiegangers.

Die bekendste bakens van die stad is die "Piramides", 'n reeks geboue wat 'n groot aantal vakansiewoonstelle huisves, en Point Zéro, die Nulmeridiaan, wat deur La Grande-Motte loop. Die dorp beskik daarnaas oor 'n moderne jaghawe, watersportgeriewe, 'n gholfbaan, 'n winkelsentrum en 'n sentrum vir thalassoterapie. Alhoewel die dorp deur groot toringblokke oorheers word, is daar ook talle villa's in die Provensaalse styl met binnehowe.

Bronne[wysig]

  • Patitz, Alex: Languedoc-Roussillon, Cevennen. Ostfildern: Mairdumont 2006, bl. 36-37
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
La Grande-Motte (kategorie)