Lachine

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lachine
Kerk van Saints-Anges-Gardiens
Kerk van Saints-Anges-Gardiens
Ligging van Lachine op die Montréal-eiland
Ligging van Lachine op die Montréal-eiland
Koördinate: 45°25′54″N 73°40′30″W
Land Vlag van Kanada Kanada
Provinsie Quebec
Region Montréal
Stigting 1669
Stadstatus 1872
Geïnkorporeer op 1 Januarie 2002
Regering
 - Burgemeester Claude Dauphin
Oppervlak
 - Land 17,75 km² (6,85 vk m)
Bevolking (2011)
 - Stad 41 696
 - Digtheid 2 344,6/km² (6 072/vk m)
Tydsone EST (UTC-05:00)
 - Somer (DST) EDT (UTC-04:00)
Poskode H9W
Skakelkode(s) 514
Webwerf: lachine.ville.montreal.qc.ca

Lachine [la.ʃin] is een van 19 arrondissemente of administratiewe distrikte van Montreal in die Kanadese provinsie Quebec. Voor die administratiewe hervormings van 2002, waartydens Lachine by Montreal ingesluit is, het dit as 'n selfstandige munisipaliteit bestaan wat met die samesmelting van twee stede, Lachine en Saint-Pierre, in 2000 gevorm is.

Lachine, wat in die suid-weste van Montreal-eiland en aan die boloop van die Lachine-kanaal geleë is, het in die tydperk van Nieu-Frankryk ontstaan; die eerste landregte in die gebied is in 1667 gevestig. Gedurende die Britse heerskappy is die Lachine-kanaal in 1824 geopen wat saam met die bou van 'n spoorwegverbinding in 1847 die aanleiding tot die ontwikkeling van Montreal as Kanada se beduidendste nywerheidsentrum gegee het.