Lemoenvlinder

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lemoenvlinder
Die Lemoenvlinder, gespalkte spesimen.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
Orde: Lepidoptera
Familie: Papilionidae
Genus: Papilio
Spesie: P. demodocus
Binomiale naam
Papilio demodocus
Esper, 1798[1][2]
Sinonieme
  • Papilio demodocus var. nubila Capronnier, 1881
  • Papilio demodocus decusdemo Suffert, 1904
  • Papilio demodocus albicans Suffert, 1904
  • Papilio demodocus ab. karema Strand, 1911
  • Papilio demodocus ab. cariei Le Cerf, 1913
  • Papilio demodocus ab. tessmanni Schultze, 1914
  • Papilio demodocus ab. conflua Strand, 1914
  • Papilio demodocus f. epunctatus Le Cerf, 1927
  • Papilio demodocus demodocus ab. minor Dufrane, 1936
  • Papilio demodocus demodocus ab. juncta Dufrane, 1936
  • Papilio demodocus demodocus ab. semijuncta Dufrane, 1936
  • Papilio demodocus demodocus ab. mathieui Dufrane, 1936
  • Papilio demodocus demodocus ab. houzeaui Dufrane, 1936
  • Papilio demodocus f. longsdoni Krüger, 1937
  • Papilio demodocus f. oblongula Berio, 1941
  • Papilio demodocus f. viginta Berio, 1941
  • Papilio demodocus f. adla Berio, 1941
  • Papilio demodocus demodocus ab. vreuricki Dufrane, 1946
  • Papilio demodocus demodocus ab. duboisi Dufrane, 1946
  • Papilio demodocus demodocus ab. aurantiaca Dufrane, 1946
  • Papilio demodocus demodocus ab. ochrea Dufrane, 1946
  • Papilio demodocus ab. dufranei Berger, 1950
  • Papilio demodocus ab. overlaeti Berger, 1950
  • Papilio demodocus f. confluens Storace, 1963
  • Papilio demodocus f. bennettoides Storace, 1963
  • Papilio demodocus f. atromaculatus Storace, 1963
  • Papilio demodocus f. continua Storace, 1963
  • Papilio demodocus f. deminuta Storace, 1963
  • Papilio demodocus f. flavocincta Storace, 1963
  • Papilio demodocus f. latevittata Storace, 1963
  • Papilio demodocus f. pseudopraeses Storace, 1963
  • Papilio demodocus ab. belonota Vári, 1976
  • Papilio bennetti Dixey, 1898

Die Lemoenvlinder, (Papilio demodocus), is 'n groot swaelstertvlinder inheems aan sub-Sahara Afrika. Dit is 'n pesspesie, aangesien die ruspe op sitrusbome voed.

Lewenskringloop[wysig]

Lemoenvlinders gaan deur ongeveer drie geslagte per jaar. Hul eiers word op sitrusblare gelê.

Eiers[wysig]

Die vroulike vlinder plaas haar eiers op die oppervlakte van 'n sitrusblaar. Na sowat ses dae broei die larwe (ruspe) uit die eier.

Onvolwasse larwe[wysig]

Die onvolwasse larwe is swart en geel, met wit stekels. Hul kleur verskaf goeie kamoeflering, aangesien hulle lyk soos voëlmis. Hulle groei tot 'n lengte van 10 tot 15 mm voor hulle na volwasse larwes verander.

Volwasse larwe[wysig]

Die volwasse larwe (of ruspe) is groen met wit of rooskleurige merke en oogkolle. Hulle groei tot 'n maksimumlengte van sowat 45 mm.

By volwasse ruspes ontbreek die kamoeflering in hul vroeëre stadia. Instede stoot hulle 'n gevurkte oranje orgaan uit, bekend as 'n osmeterium, wanneer hulle deur 'n voël of ander predator gekonfronteer word. Die orgaan gee 'n sterk reuk af wat die predator ontmoedig om dit as prooi te neem.

Papie[wysig]

Die ruspes heg hulle aan takke deur middel van sy, en transformeer na na papies. Hulle bly in die papiestadium vir 2–3 weke voor die volwassene, die vlinder, verskyn.

Volwassene[wysig]

Lemoenvilder by die Koninklike Myl, Budongo W. Uganda.

Die volwassene het swart- en geelgemerkte vlerke met rooi en blou oogkolle. Die vroulike skoenlappers neig om groter as die mannetjies te wees.

Natuurlike vyande[wysig]

Lemoenvlinder eiers en papies word geparasiteer deur sekere soorte parasitiese wespes, versal die genera Ooencyrtus (eierpredator) en Pteromalus puparum (papiepredator).

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]