Maori (taal)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Māori
te reo Māori
Gepraat in: Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 
Gebied: Oseanië
Totale sprekers: 157 110 volgens 2006-sensus[1]
Taalfamilie: Austronesies
 Maleis-Polinesies
  Oseanies
   Kern-Polinesies
    Oos-Polinesies
     Sentraal-Polinesies
      Tahities
       Māori
        Māori 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Gereguleer deur: Māori-taalkommissie
Taalkodes
ISO 639-1: mi
ISO 639-2: mao (B), mri (T)
ISO 639-3: mri 
Verspreiding van Maori

Māori of te reo Māori (ˈmaːoɾi, te ˈɾeo ˈmaːoɾi), algemeen kort te reo ("die taal") genoem, is die taal van Nieu-Seeland se inheemse Māori-bevolking. Dit is saam met Engels 'n amptelike taal van Nieu-Seeland.

Taalkundiges klassifiseer Māori as 'n Oos-Polinesiese taal wat nou verwant aan die Māori-taal van die Cookeilande, Tuamotuaans en Tahitiaans is. Dit is ietwat minder verwant aan Hawais en Marquesaans en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van Wes-Polinesië, waaronder Samoaans, Tokelauaans, Niuies en Tongaans.

Volgens die Māori-taalkommissie het die aantal volwasse sprekers, wat Māori vlot kan praat, in 1995 tot sowat 10 000 gedaal.

Verwysings[wysig]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Maori (taal)