Martigny

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Martigny
Martinach
Martigny, soos gesien vanuit die buurt Bourg
Martigny, soos gesien vanuit die buurt Bourg
Official seal of Martigny
Seël
Ligging in Switserland
Ligging in Switserland
Land Vlag van Switserland Switserland
Munisipaliteit Martigny
Kanton Valais (Wallis)
Distrik Martigny
Oppervlak
 - Dorp 24,97 km²  (9,64 vk m)
Hoogte 471 m (1 545 vt)
Bevolking (2010)
 - Dorp 16 143
 - Digtheid 646/km² (1 673,1/myl2)
Tydsone SET (UTC+1:00)
Poskode 1920

Martigny (Duits: Martinach, Latyns: Octodurum of "Die Agt Poorte") is 'n munisipaliteit (commune) en nedersetting in die tweetalige Switserse kanton Valais (Duits: Wallis) en die administratiewe setel van die gelyknamige distrik.

Die dorp is naby 'n rivierkronkel van die Rhône en by die kruispunt van die belangrike Groot Sint Bernard- en Simplon-roetes geleë. Volgens sy bevolkingtal is Martigny die vierde grootste nedersetting in die kanton na Sion (Duits: Sitten), Monthey en Sierre (Siders).