Mount Whitney

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Mount Whitney
Mount Whitney 2003-03-25.jpg
Die oostelike kant van Mount Whitney, soos gesien vanuit die Whitney Portal
Ligging: Kalifornië,
Vlag van Verenigde State Verenigde State
Hoogte: 4 421 meter
Reeks: Sierra Nevada
Koördinate: 36°34′43″N 118°17′31″W
Tipe: Granietgesteente
Rotsouderdom: Krytperiode
Datum van eerste bestyging: 18 Augustus 1873
Eerste bestyger(s): Charles Begole, Albert Johnson, John Lucas
Maklikste roete: Mount Whitney-staproete

Mount Whitney is die hoogste bergpiek in die samehangende staatsgebied van die Verenigde State op 'n hoogte van 4 421 meter bo seevlak. Die piek, wat na die staatsgeoloog Josiah Whitney (1819-1896) vernoem is, maak deel uit van die Sierra Nevada-bergreeks.

Mount Whitney is op die grens tussen die Kaliforniese counties Inyo en Tulare geleë, 136,2 kilometer wes-noordwes van die laagste punt in Noord-Amerika, Badwater in die Nasionale Death Valley-park (86 m benede seevlak). Sy westelike helling is binne die grense van die Nasionale Sequoia-park geleë, terwyl die bergspits die einde van die John Muir-staproete vorm wat vanaf Happy Isles in die Yosemite-vallei oor 'n afstand van 341 km na Mount Whitney loop. Die oostelike helling maak deel uit van die Nasionale Inyo-bosgebied in Inyo County.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Mount Whitney (kategorie)