Mpika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mpika
Ligging van Mpika op 'n kaart (Zambië)
Mpika
Mpika
Koördinate: 11°51′30″S 31°26′0″O
Land Vlag van Zambië Zambië
Provinsie Noordelike Provinsie
Tydsone SAST (UTC+2)

Mpika is 'n dorp in Zambië se Noordelike Provinsie en is geleë by die vurk in Great North Road, wat van hier noordoos loop oor Isoka tot in Tanzanië, maar vroeër die noordwaartse pad oor Kasama tot by die Tanganjika-meer was. Die dorp lê 1 413 m bo seespieël.[1] Dit het 'n stasie van die Tazara-spoorlyn, wat van Kapiri Mposhi tot by Dar-es-Salaam strek.

Die geskatte inwonertal was 30 642[2], wat dit die naasgrootste dorp in die provinsie gemaak het, maar nietemin meer as drie keer minder as die hoofstad, Kasama.

Verwysings[wysig]