Nie-winsgewende organisasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Nie-winsgewende)
Spring na: navigasie, soek

'n Nie-winsgewende Organisasie (afgekort NWO, ook nie-vir-wins, of Artikel 21-maatskappy) is 'n organisasie wat nie die winste daarvan onder aandeelhouers of eienaars verdeel nie, maar dit eerder aanwend ter bereiking van die doel van die organisasie. Voorbeelde van NWO's sluit in liefdadigheidsorganisasies, vakbonde, en publieke artistiese organisasies. Die meeste regerings en regeringsagentskappe voldoen aan die definisie, alhoewel hulle in baie lande as 'n aparte tipe organisasie beskou word en nie kwalifiseer as NWO's nie.

In Suid-Afrika[wysig]

  • Registreer NWO's by die Maatskappye en Intellektuele Eiendoms Registrasiekantoor [1]as 'n maatskappy wat nie 'n aandeelkapitaal het nie, en word ingelyf onder Artikel 21 van die Maatskappyewet 61 van 1973, soos aangepas.
  • kan NWO's ook registreer by die Departement van Sosiale Ontwikkeling ten einde fondse van die publiek in te samel as donasies wat aangewend word vir bedryfskapitaal.

Voorbeelde[wysig]

Enkele voorbeelde van Nie-winsgewende organisasies:

Verwysings[wysig]

  1. CIPRO [1]