Wikimedia-stigting

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Wikimedia-stigting se logo.
Die Wikimedia-stigting se kantore in San Francisco.
Raadslede by 2009 se Wikimania-konferensie in Buenos Aires.
Wikimedia-lede: ██ Bestaande chapters ██ Goedgekeur, maar nog nie gestig nie ██ Chapters in beplanningsfase ██ Chapters in oorleg

Die Wikimedia-stigting (Engels: Wikimedia Foundation) is die oorkoepelende organisasie van Wikibooks, Wikidata, Wikinews, Wikipedia, Wikiquote, Wikisource, Wikispecies, Wikiversity en WikiWoordeboek. Dit is 'n nie-winsgewende organisasie, geregistreer volgens wet van die Amerikaanse deelstaat Florida.

Ontstaan[wysig]

Die organisasie word op 20 Junie 2003 amptelik deur Jimmy Wales aangekondig. Die naam "Wikimedia" is uitgedink deur Sheldon Rampton soos op die WikiEN-l-eposlys in Maart 2003 versprei.[1] Daarna word die domeinname wikimedia.org en wikimediafoundation.org vir die stigting deur Wikipedia-gebruiker Daniel Mayer geregistreer.

Donasies[wysig]

Aangesien Wikimedia 'n nie-winsgewende organisasie is, leef hulle hoofsaaklik van donasies en subsidies. Wikimedia ontvang donasies op hul skenkings-bladsy. Dit is ook moontlik om donasies via PayPal of via outomatiese oorplasings te maak.

Raad van Trustees[wysig]

Die Raad van Trustees is die administrasie van die Wikimedia-stigting en is aanspreeklik vir beleid ten opsigte van fondsinsameling en die aanwending van gelde.[2] Die administrasie bestaan uit sewe lede.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Wikimedia-stigting (kategorie)


Wikimedia Stigting Wikimedia-logo.svg

Projekte: Broeikas | Commons | Meta-Wiki | Wikibooks | Wikidata | Wikinews | Wikipedia | Wikiquote | Wikisource | Wikispecies | Wikiversity | Wikivoyage | WikiWoordeboek

Sien ook: Wiki | MediaWiki | QRpedia