Olyfkopwewer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Olyfkopwewer
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Ploceidae
Genus: Ploceus
Spesie: P. olivaceiceps
Binomiale naam
Ploceus olivaceiceps
(Reichenow, 1899)

Die Olyfkopwewer (Ploceus olivaceiceps) is 'n skaars standvoël in miombo-boomveld met volop epifitiese korsmos. Daar is ongeveer 100 pare om Panda in Suid-Mosambiek. Die voël sluit dikwels by voëlgroepe aan om prooi van takke af te pik. Hulle broei alleen in 'n goed gekamoefleerde nes van korsmos wat 'n langerige ingangstoneel het en onder 'n tak in die blaredak van 'n hoë boom hang. Die voël is 14 cm groot en weeg 18 - 24 gram. In Engels staan die voël bekend as die Olive-headed Weaver.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. BirdLife International (2012). “Ploceus olivaceiceps”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 16 Julie 2012.