Op Pad in Suid-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Op Pad in Suid-Afrika
'n Streek-Vir-Streek Gids
Outeur B.P.J. Erasmus
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
Uitgewer Jonathan Ball Publishers
Uitgegee 1995, 2005, 2007
Medium Sagteband & Hardeband
Bladsye +-400
ISBN 1-86842-026-4
Letterkunde-portaal

Op Pad in Suid-Afrika, is 'n Afrikaanse boek wat deur B.P.J. Erasmus geskryf is en deur Jonathan Ball Publishers uitgegee word.

Die boek behandel die magdom gehuggies, dorpe en stede van Suid-Afrika. Die klem val op die verhale wat in hierdie plekke opgesluit lê. Die oorsprong van plekname word in besonderhede beskryf en die karakter en aantreklikhede van plekke word geskets. Gedetailleerde streekkaarte is by elke hoofstuk ingesluit, wat aangevul word met roete aanwysings in die teks.

Die boek se hoofstukke is logies gerangskik vanaf Kaapstad en kring verder noordwaarts uit. Dit beeld die diversiteit van Suid-Afrika uit, wat wissel van die groen en rustige valleie van die Kaapse hinterland tot die windverwaaide sandveld in die weste tot die subtropiese geilheid van die ooste; van die uitgestrekte bosveldvlaktes van die noordooste tot die droë wildernesse van die noordweste; van bedrywige metropole tot klein gehuggies.

Uitgawes[wysig]

Eksterne skakels[wysig]