Ordnungspolizei

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Question book-4.svg Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne aan die artikel by te voeg.
Die vlag van die Ordnungspolizei

Die Ordnungspolizei (OrPo) was die naam van die gewone Duitse polisiemag wat in Nazi-Duitsland werksaam was tussen die jare 1936 en 1945. Daar was ook na hulle verwys as die Grüne Polizei (groen polisie) omdat hulle uniforms groen was.

Geskiedenis[wysig]

Die woord Ordnungspolizei beteken "orde polisie" en het verwys na die polisie eenhede wat deur 'n wetgewing van die Duitse Binnelandse Ministerie gestig is in die somer van 1936. Die wetgewing het beveel dat alle gewone Duitse polisiemagte by die SS moet aansluit, wat beteken dat die SS alle plaaslike, staatlike en nasionale wetuitvoerende agentskappe sou beheer.

Die polisie is opgedeel in die Ordnungspolizei (Orpo of gewone polisie) en die Sicherheitspolizei (Sipo of sekuriteitspolisie). Die Orpo het die pligte van die gewone wetuitvoerende polisiemagte aangeneem, terwyl die Sipo bestaan het uit die geheime staatspolisie Geheime Staatspolizei (of Gestapo) en die kriminele ondersoekspolisie Kriminalpolizei (of Kripo). Die Gestapo was 'n korps van professionele speurders wat betrokke was in politiese polisiepligte en die Kriminalpolizei het teen misdaad geveg. In September 1939 het die Sipo by die SS-Sicherheitsdienst (of SD) aangesluit tot die Reichsekuriteitshoofampt (Reichssicherheitshauptamt of RSHA). Die RSHA simboliseer die nou verbinding tussen die SS (party organisasie) en die polisie (staatsorganisasie).