Ou Raadsaal, Pretoria

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Ou Raadsaal op Pretoria se Kerkplein.
Die Plenarsaal in die Ou Raadsaal

Die Ou Raadsaal, 'n historiese gebou aan die suidelike kant van Kerkplein in Pretoria, was die Parlementsgebou van die Transvaalse Republiek aan die einde van die 19de eeu toe Paul Kruger die laaste president van die ou Boere-republiek was.

Die gebou is ontwerp deur Sytze Wierda en die kontrak vir die bouwerk is aan John Johnstone Kirkness toegestaan teen 'n som van £82,500. Bouwerk is in Februarie 1889 begin, die hoeksteen is op 6 Mei deur President Kruger gelê, en die werk is in Desember 1891 voltooi. Die gebou is in 1989 en weer in 1962 tot sy volle glorie gerestoureer.[1]

Die styl, soos beskryf deur die argitek, is Italiaanse Renaissance. Die mure is gepleisterde baksteen, wat geverf is om sandsteen na te boots. Daar is 'n lantern wat 'n horlosie huisves op die toring bo die hoofingang. Bo-op dit is die beeld van 'n vrou, sommige mense glo dit is Minerva, die Romeinse godin van oorlog, of 'n standbeeld wat vryheid verteenwoordig.[2]

Die Ou Raadsaal is verklaar as 'n Provinsiale Erfenisterrein en word beskerm ingevolge Artikel 34 van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (Wet 25 van 1999), aangesien dit ouer as 60 jaar is.[3]

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
  • Hannes Meiring, argitek wat vir die bewaring van ou geboue geveg het.

Verwysings[wysig]