Ovaalster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ovaalster
'n Ovaalster
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Echinodermata
Subfilum: Echinozoa
Klas: Echinoidea
Leske, 1778
Subklasse

Die Ovaalster (Echinometra mathaei) is 'n seekastaiing wat aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom. Die diertjie bly in 'n skulp en buispote steek deur klein gaatjies uit die skulp en word gebruik om aan die rotse vas te klou en ook om te beweeg. Die skulp is pers tot swart van kleur, oortrek met pers, bruin of groen stekels. Die stekels is lank en sterk met vlymskerp punte. Die ongewerwelde diertjie leef in rotspoele en benedegetyriwwe. Die ovaalster is 'n nagdier en vreet alge. In die dag skuil hulle in holtes of onder oorhange.

Bron[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Sea urchin (bladsy)
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: