Parwati

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Parwati
Parwati in die vorm van Annapoerna
Parwati in die vorm van Annapoerna
Godin van mag
Devanagari: पार्वती
Affiliasie: Dewi, Sjakti
Abode: Himalaja indien ongetroud,
andersins Kailasj
Wapen: (Trisjoel (Sanskrit: त्रिशूल), Drietandvurk, Trompetskulp,
Tjakram, kruisboog, lotus.
Metgesel: Sjiwa
Rydier: Leeu of Tier

Parwati (Sanskrit: Pārvatī, पार्वती, Maleis: Parwati, Thais: Nang Oema-Dewi) is 'n Hindoe godin. Parwati word ook beskou as 'n manifestasie van Sjakti, dog die sagte aspek van dié godin omdat sy 'n moedergodin is. Parwati word beskou as die oppergoddelike Moeder en alle ander godinne word na verwys as haar inkarnasies of manifestasies. Shakta's beskou haar as die uiteindelike goddelike Sjakti — die beliggaming van die totale energie in die heelal.

Parwati is nominaal die tweede gade van Sjiwa, die Hindoegod van vernietiging en hernuwing. Sy is egter nie verskillend van Satī nie aangesien sy die reïnkarnasie van dié voormalige gade van Sjiwa is. Parwati is die moeder van die gode Ganesja en Skanda (Kartikeja). Sommige gemeenskappe glo ook dat sy die suster van die god Wisjnoe is. Sy word ook beskou as die dogter van die Himalaja.

Parwati verskyn, wanneer sy langs Sjiwa uitgebeeld word, met twee arms, maar wanneer sy alleen uitgebeeld word, word sy vertoon met vier arms en op die rug van 'n tier of leeu. Hoewel sy oor die algemeen as 'n goedhartige godin beskou word, het Parwati ook vreesaanjaende aspekte soos Doergha, Kali, Tjandi en die Mahawidjas benewens welwillende vorme soos Mahagauri, Shailpoetri en Lalita.

Verwysings[wysig]